Vrees ‘regeer’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

BANGBROEKE.So beskryf Hanover Park se mense die cops. Hulle sê hulle het veel meer tyd en respek vir die metro cops.Inwoners het gister hulle mond uitgespoel teenoor die Stad se mayco-lid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, en die DA-hoofsweep in parly, John Steenhuisen.Smith en Steenhuisen was gister in Hanover Park en Manenberg terwyl metro cops besig was met patrolliewerk.Shirley Luyt vat die metro cops se kant en het gesê: “Hulle staan in die eerste vuurlyn as die skote hier klap.“In die meeste gevalle is die polisie net so bang soos ons.”Pertulia Jaftha het beweer: “Daar is dan cops wat op die gangsters en drug merts se payroll is.“As cops van polisiestasie na polisiestasie geroteer word voor hulle te gewoond raak aan die area, sal korrupsie minder raak.”Frieda Apollis, ’n ma, het ook oor die bloues gekla.“Ek wag dan nou nog vir justice vir my seun wat vroeër dié jaar vermoor is.”’n Inwoner wat anoniem wil bly, het gesê: “Die skieters word dan gearresteer en vrygelaat sonder dat hulle aangekla word.”ROTEER HULLE: Pertulia Jaftha meen cops moenie ’n gemeenskap te goed leer ken nie want dit maak hulle mak.HOU VAS: Metropolisielede is besig met patrolliewerk in Manenberg.Foto’s: PETER ABRAHAMSLEEF IN VREES: ’n Inwoner vertel aan JP Smith (regs) en John Steenhuisen (agter) wat in hulle gebied aangaan.Lt.kol. Dawood Laing, die waarnemende stasiebevelvoerder van die Philippi-polisiestasie, waaronder Hanover Park val, het gesê hulle job is baie moeilik.“Daar is baie min mense wat bereid is om verklarings af te lê weens die vrees dat hulle next is.“ ’n Klein handjievol saai vrees onder die inwoners.“As jy op die moordtoneel kom, sê mense vir jou wie die skieter is, maar niemand wil ’n verklaring afgee nie.“Dís een van die redes waarom ons skuldigbevindingsyfer onder 10% is.”“Beligting is ’n groot probleem in die area. Dit is vroeër reggemaak, maar gisteraand (Sondag) het ek opgelet die ligte is weer af.“Ek het dit onder die munisipaliteit se aandag gebring.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.