Vrese ná 2 moorde in middestad

Please log in or register to like posts.
News
Vrese ná 2 moorde in middestad

GEORGE. – Besigheidsmense hier worry nadat ’n tweede moord in ’n maand in die middedorp gepleeg is terwyl dit besig was.’n Man van in die 30 is Saterdag op die hoek van Hibernia- en Meadestraat met ’n mes doodgesteek.Die slagoffer is op die toneel dood.Die polisie is nog besig om die motief vir die moord te ondersoek.Julia Jones, wat ’n stalletjie naby die jongste moordtoneel bedryf, het twee mans gesien stry.Jones sê: “Een van die mans het ’n mes getrek, die ander ou gesteek en toe gevlug.”AgteruitSy voeg by: “Dit het voor almal gebeur en die dorp was besig. Al twee het vir my half dronk gelyk.”Winston Pretorius het ook ’n besigheid in die omgewing en worry oor al die voorvalle in die dorp.Pretorius sê: “Dis die tweede insident in minder as ’n maand. Die dorp gaan agteruit en dit kan ons besighede sleg beïnvloed.”Hy sê dinge ruk veral na­weke en op betaaldae handuit.Kapt. Nolonwabo Tshengu, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n verdagte is kort ná die jongste moord gearresteer.Hy sê: “Ons ondersoek ’n klag van moord en die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.”

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.