Vriend vind bejaarde se lyk op kleinhoewe

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE polisie van Joubertina ondersoek ’n saak van moord nadat die lyk van ’n bejaarde man – vermoedelik in sy 70’s – op sy kleinhoewe buite die dorp gekry is. ’n Familievriend het Vrydag­ 09:30 op die man se lyk afgekom. Dit het naby sy kombuisdeur gelê. Die man het kopbeserings gehad en die huis is ge-ransack.Die naam van die oorledene word weerhou totdat sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is. In dié stadium is die motief vir die moord onbekend. Die polisie ondersoek alle moontlikhede, sê sers. Majola­ Nkohli­, ’n polisiewoordvoerder. Enige een met inligting oor die voorval word gevra om hul naaste polisiekantoor te bel of die Crime Stop-lyn op 08600 10111 te skakel.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/vriend-vind-bejaarde-se-lyk-op-kleinhoewe-20181007

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.