Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK IS D van R. Ek is 37 jaar oud met twee kinders.Hulle is nog baie jonk en ek is nie meer involved met een van die pa’s nie.Antie, ek werk as cashier by ’n winkel.Daar is ’n vriendelike wit vrou wat altyd by my till kom. Sy sal my altyd groet en vra hoe dit met my gaan.Op Valentynsdag het sy weer by my till kom staan en ons het lekker gesels.Sy sê toe ek moet die aand by haar en haar man kom kuier.Ek het hom nog nooit ontmoet nie, maar ek is toe die aand na hulle huis. Ons het lekker gekuier en toe die drankies lekker begin vloei, haak die vrou af en vra of ek al geswing het.Ek het nie ’n clue gehad waarvan hulle praat nie, maar die vrou verduidelik toe hulle wil hê ek moet hulle in die slaapkamer join.Ek was so geskok dat ek nie geweet het wat om te sê nie.Die vrou het gesê hulle gaan my tyd gee om daaroor te dink en dat alles heel discreet sal wees.Niemand sal daarvan weet nie, het sy gesê. Maar ek weet nie wat om te maak nie.Hulle is nice mense en alles, maar ek weet darem nie so mooi nie. –D van R, WhatsAppHmmm, nou weet jy hoekom daardie vroutjie so vriendelik met jou was …Sy en haar man eye jou natuurlik lankal.Die beste raad wat Antie jou kan gee, is om nie ja te sê vir iets wat jou ongemaklik maak nie.Ons het mos maar almal grootgeraak met die swing onder die boom, nie die een wat in die diskreetheid van slaapkamers geskied nie.Hierdie couple gaan natuurlik nie impressed wees as jy nee sê nie en sy sal nie meer so gereeld meer by jou till kom staan nie.Maar dis hulle worries daai. Bly jy staan by jou beginsels.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/vriendelike-vrou-en-man-wil-saam-my-till-slaan-20190227

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.