Vrou (53) soek méér as net lê vir ou (31)

Please log in or register to like posts.
Nuus
Vrou (53) soek méér as net lê vir ou (31)

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK IS 53 jaar oud en seks met ’n 31-jarige man.Hy voel niks vir my nie, maar ek is lief vir hom.Hy kom net na my toe as hy seks soek.Hy chat nooit met my nie, net as hy kom vir seks.As ons klaar geseks het, dan hoor ek nie weer van hom nie.Wat dink Antie? Moet ek hom uitlos? – C van die PaarlVrou, dis tog duidelik dat hierdie man jou net vir één ding kom visit.En dis beslis nie vir ’n heerlike geselsie nie.Hy kom maak net sy rug by jou leeg. Seker nog in die geheim ook, want hy wil seker nie hê mense moet weet van julle twee nie.Of dalk is daar iemand in sy lewe waarvan jy nie weet nie?Hoe dit ook al sy, jy hoef nie sy personalised matrassie te wees nie.As hy nie in ’n verhouding met jou wil wees nie, is dit nie nodig dat jy so time and again moet afgee nie.Laat hom soontoe met sy vol rug!Jy is dan niks anders as sy sugar mommy wat seks betref nie.Hy ignoreer jou deurdat hy nie eens met jou wil chat nie, maar as sy rug van volgeid begin krom trek, dan weet hy waar om jou te kry.Ha a! Moenie dat hierdie klong jou veel langer so misbruik nie.Hy is van plan om jou net uit te lê en dan soos mis voor ’n jagse son te verdwyn.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/vrou-53-soek-meer-as-net-le-vir-ou-31-20180915

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.