Vrou ‘dump’ ’n pasgebore baba

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N VROU (26) is gister in hegtenis geneem nadat sy na bewering haar pasgebore baba op ’n vullishoop gedump het.Kapt. André Beetge, ’n polisiewoordvoerder, sê die baba is gevind toe ’n op-en-wakker inwoner van Wells Estate hom hoor huil het.Die gehuil het gekom uit die rigting van ’n dumping site in Malingastraat in Wells Estate.By nadere ondersoek het die inwoner afgekom op die babaseun waar hy tussen vullis gelê het. Hy het nie ’n draad klere aangehad nie. Die polisie is onmiddellik van die vonds laat weet.Beetge sê by verdere ondersoek het die cops afgekom op die nageboorte en ’n bloedspoor tussen huise in Kolisi­straat.GeskuilNadat die polisie inligting in Kolisistraat ingesamel het, het hulle vasgestel die vrou na wie hulle soek, was nie tuis nie.Die vrou is omstreeks 12:45 in hegtenis geneem waar sy by ’n vriend se huis geskuil het.Volgens Beetge kry die baba tans mediese sorg in die Wells Estate-kliniek. Hy sou later gister na die Dora Nginza-hospitaal oorgeplaas word.Beetge sê die baba benodig warm klere en nappies. Donasies kan by die Swartkops-polisiestasie ingehandig word.Die vrou sal vandag in die Motherwell-landdroshof op klagte van poging tot moord en kinderverwaarlosing verskyn.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/vrou-dump-n-pasgebore-baba-20180921

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.