Vrou freak uit toe hy vra oor ‘pastoor-eks’

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK BLY in ’n klein dorpie waar almal almal ken.Antie, my vrou is van hier en toe ons getrou het, het sy gevra dat ons terugtrek, want sy mis haar ouers.Antie, ek het nie enige pyne gehad nie, want ek is baie lief vir my vrou. Ek sal alles vir haar doen.Sy is bekeer, maar ek nie. Ek ondersteun haar in alles wat sy doen en gee glad nie om dat hulle elke liewe naweek iets by die kerk aan het nie. Maar wat my dwars in die krop steek, is dat hul nuwe pastoor haar eks-boyfriend is.Sy het my nie eens daarvan vertel nie. Ek moes by ander mense hoor.En sy het al ’n hele paar vergaderings met haar pastoor gehad. Waaroor weet ek nie. Sy is baie geheimsinnig hieroor.Toe ek haar vra oor die “nuwe” pastoor en hoekom sy my nie daarvan vertel het nie, het sy haar opgeruk. Ek het nog nooit my vrou so kwaad gesien nie.Sy sê toe sy het nie tyd om haar aan ’n duiwel soos ek te verduidelik nie.Ek was geskok, Antie. Sy het nog nooit voorheen so met my gepraat nie.Hoe moet ek die situasie hanteer? – Deurmekaar van die Platteland, WhatsAppAntie wil nie onnodige vure stook nie, maar as daar niks was om weg te steek nie, kon sy mos vanuit die staanspoor oop kaarte met jou gespeel het.Ek weet nie wat in haar kop aangegaan het nie.Maybe wou sy nie jou gevoelens seermaak nie.Maar dit maak nie saak wat haar redes is nie, as getroude couple is julle mos veronderstel om altyd honest met mekaar te wees.Stel aan haar voor dat julle koel en kalm oor die gebeure praat en hoe dit jul verhouding nou vorentoe gaan beïnvloed­.As sy jou ewe skielik as die duiwel in haar lewe beskou, moes daar iets gewees het wat dit aangemoedig het.Laat sy eerlik met jou wees sodat jy kan weet waar jy staan.Daar is baie goeie geloofs­instellings daar buite, maar een wat wrywing tussen paartjies bring, is niks goeds nie.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/vrou-freak-uit-toe-hy-vra-oor-pastoor-eks-20190131

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.