Vrou gryp my balls, kla Rasta

Please log in or register to like posts.
News
Vrou gryp my balls, kla Rasta

KNYSNA. – ’n Rasta het ’n behoorlike vroue-pak gekry nadat hy na bewering aan ’n klomp laities gesê het dagga is ’n natuurlike oplossing vir stres.Die 37-jarige John “Talif” Stevens sê een van die vroue het sy balls gesqueeze en die ander het toe ook kom hand bysit.Die voorval het Saterdag buite die KwaNokuthula township in Knysna gebeur.Stevens moes hospitaalbehandeling vir beserings aan sy kop en liggaam ontvang.Talif sê hy het slegs sy experience met ganja met die kinders gedeel en hulle geensins aangemoedig om dagga te rook nie.“Dagga is legal in Suid-Afrika en ek het niks verkeerds gesê nie. Die kinders het my self uitgevra oor weed.“Die volgende oomblik kom die vroue uit die bloute en gryp die zol wat ek besig was om te rook.“Hulle het my accuse dat ek die kinders aanmoedig om te rook.Kwaad“Een vrou het my omgestoot en my balls gegryp.“Sy het my styf teen die grond vasgedruk terwyl die ander vroue my aangerand het met klippe en ander voorwerpe.“Ek is baie kwaad. Die mense in die area weet ek is ’n Rasta en rook weed. Ek pla niemand nie, maar daar is ’n groep mense wat my nie likes nie,” sê Talif. Sy buurvrou Nickie­ Jansen en het hom daarvan beskuldig dat hy dagga­gedagtes in die kinders se kop plant.“Die kinders gaan gereeld na sy huis en luister na musiek. Die mense het nie ’n probleem met Rastas, maar dis verkeerd om die kinders te encourage om te rook.”Die Knysna-polisie sê ’n saak van aanranding word ondersoek.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.