Vrou in kerk gearresteer | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

TUSSEN die praise and worship in die kerk en die hide and seek het dit duidelik baie goed gegaan met Levona Jacobs­, wat twee maande­ lank net missing was. Jacobs, wat aangekla is van die moord op haar uncle se vrou, Verna Jacobs, en dié se dogter, Rowena, het gister weer ’n draai in die Kaapse hooggeregshof gemaak.“Welkom terug, me­juffrou Jacobs,” het regter Musthak Parker die eens voortvlugtige gegroet.Jacobs was geklee in ’n swart skinny jean en ’n stywe wit-en-blou hemp. Haar wit adidas-tekkies was veterloos.Sy is Sondag in dié outfit gearresteer.Luidens berigte het sy die erediens in die Grace-kerk in Parow bygewoon toe die Valke toegeslaan het.Jacobs staan tereg op ’n rits aanklagte wat verband hou met die moord op twee vroue van Delft.Die staat voer aan sy het die twee vermoor om hulle RDP-huis in Seringstraat in Delft-Suid te kry.Skugter: Levona Jacobs is ’n bietjie lenssku.Hulle lyke is in Oktober 2015 in vlak grafte in die jaart van die einste huis gevind.Volgens vroeëre getuienis in die hof het Jacobs sement­ oor hulle vlak grafte laat gooi.Jacobs ontken egter alles. Sy was sedert sy in 2015 die eerste keer gearresteer is, uit op bail.Haar vlerke is egter op 5 November geknip toe sy nie vir die hof opgedaag het nie.Johan Solomons, wat Jacobs­ van die begin verteenwoordig het, het hom ook intussen aan die saak onttrek.Jacobs het haar kop deurentyd laat sak.Die saak is tot 15 April uitgestel sodat sy weer om regshulp kan aansoek doen.Die slotbetoë sal ook dan gelewer word.Jacobs se ma, Deborah Donson, en haar suster Anthea­ Beukes het die hofverrigtinge gister ook bygewoon.Donson het gesê: “Ek is net bly sy is veilig en in een stuk. Ek was die laaste paar maande baie geworry oor haar.”Donson sê hulle het in die media gesien Jacobs is weer gearresteer, maar weet nog glad nie hoe sy opgespoor is nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/vrou-in-kerk-gearresteer-20190218

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.