Vrou ‘is sleg’ met ’n getroude man

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK IS swanger van ’n getroude man en weet nie wat om te doen nie.Antie, hierdie is nie iets waarvoor ek gevra het nie.Ja, ek het geweet hierdie man is getroud, maar dit was nooit my bedoeling om met hom te slaap nie.Ons was nog ál die jare goeie vriende.Ek het hom actually deur sy vrou ontmoet toe ek en sy nog baie close was.As jong mense het ons saam uitgehang en na clubs gegaan.Hulle twee het later serious begin raak en toe getrou.Ek het na ’n ander provinsie getrek weens werk, waar ek dan ook my man ontmoet het.Ons was vir vyf jaar getroud, maar ek kon nie meer sy abuse vat nie en het geskei en terug Kaap toe getrek.Antie, ek het toe werk gekry by dieselfde company waar hierdie man nou werk.Ek het nie geweet hy werk daar nie en was aangenaam verras toe ek een oggend in hom vasloop.Hy was baie bly om my te sien en het my sommer gehug.Ons is toe vir koffie lunchtime waar ons opgecatch het oor almal se doen en late.Dit is toe dat hy teenoor my uitpak dat dinge nie so lekker­ in sy huwelik is nie.Ek was geskok. Hulle was dan die perfect couple.Hy het gesê hy dink aan skei en is nie lus om aan sy huwelik te werk nie.Ek het hom probeer moed inpraat.Ons het begin om meer en meer saam uit te hang by die werk.Lunch-tye was ons saam en in ’n way het dit vir my begin voel ons is ’n couple.Toe sê hy een middag vir my hy het gevoelens vir my.Antie, ek was nie geskok nie, want ek voel dieselfde.Ons het een aand gaan uiteet. Hy het vir sy vrou gesê hy werk laat.Ná ete is ons na ’n hotelkamer wat hy vir ons gebook het.Ons het seks gehad. ’n Hele paar keer.Ná dit het dit gereeld gebeur.Ek het vir hom geval – hook, line en sinker.Ek het hom die ander dag gevra of hy dan nie meer gaan skei nie, want ek is lief vir hom.Hy sê hy is nog besig om sy planne agter mekaar te kry.Maar ek kry die gevoel hy kry koue voete, want hy is deesdae vol verskonings.Ek is lief vir hom, Antie, maak nie saak wat mense sê nie.Maar ek wil darem ook nie hê hy moet my vir ’n fool vat nie. – Deurmekaar, e-posSo, dis oukei as jy en hy sy vrou vir ’n fool vat, solank dit net nie jy is wat die fool is nie?Jy moet een ding mooi verstaan: Daar is nie ’n ding van “ek het nie gevra vir dit om te gebeur nie”.Jy het presies geweet waarvoor jy jou inlaat toe jy ’n getroude man toegelaat het om jou soos ’n prossie by ’n hotelkamer in te book.En nou lyk dit anyway of hy uitgekuier is.Vir iemand wat self die trauma van ’n egskeiding moes deurmaak, was dit beslis nie nice om ’n ander vrou so vir ’n ride te vat nie.Jy is nét so skuldig soos hierdie man.Ek kan jou egter waarborg dat hy nie sy vrou vir jou gaan los nie.Dit sal Antie nie verbaas as die sogenaamde probleme in sy huwelik “opgeblaas” is sodat hy jou kon intrek nie.En soos dit vir Antie lyk, het hy in sy sluwe planne geslaag.As jy nog ’n bietjie selfrespek het, stel Antie voor jy verbreek hierdie onding tussen jou en dié getroude man.Soek vir jou iemand wat nie reeds aan ’n ander behoort nie. Hou op sleg wees, toe.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/vrou-is-sleg-met-n-getroude-man-20190309

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.