Vrou moedeloos oor almal in haar fam tik

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK IS al so mismoedig en weet nie meer wat om te doen nie.Antie, ek sit in ’n huis waar al my kinders tik. Hulle pa ook.Ek vra myself elke dag hoe ek in so ’n situasie beland het. Regtig, ek weet nie hoe dit gebeur het nie.Ek kan eenvoudig nie huishou met hulle nie.Dit baat nie ek praat nie, want niemand luister nie.Die pa is dan erger as sy kindes en is laatnag op straat, of agter in die wendyhuis besig om hom versin te rook.Hy werk wanneer hy lus het. Die kinders ook.En as hulle geld het, word niks in die huis ingestoot nie.Nee, hulle tik al hulle geld uit en ek moet alleen die pot aan die kook hou.Dan wil hulle nog kom uitsoek ook oor wat hulle wil eet en moan soos mense wat geld afgegee het.Dit voel asof ek van my kop af kan raak.Dit voel asof ek met klippe praat, want hulle luister eenvoudig nie vir my nie.Ek voel baie dae so moedeloos en lus om my eie lewe te neem.Ek is nie ’n slegte mens nie, Antie, en ek kan nie verstaan hoekom ek so gestraf moet word nie.Soms voel dit asof die mure my wil vasdruk. Baie dae trek my bors toe en dit voel asof ek nie reg kan asemhaal nie. – Platgeslane­ Ma, WhatsAppWanneer die addiction­-duiwel sy kop in ’n huishouding uitsteek, slaan dit diep, diep houe.Meestal na die kant van die mense wat nie gebruikers van daai twak is nie, soos jy.Dit maak mens moedeloos, dit laat jou baie vrae vrae en wonder wat jy dan verkeerd in die lewe gedoen het.Maar die reality is dat niks van hierdie dinge voor jou deur gelê kan word nie.Dit is nie jou skuld nie. Jy het dit nie op jouself gebring nie. Jy het nie ’n tiklollie in hulle hande gedruk en hulle aangesê om hulle lewe weg te tik nie.Hierdie kan baie strain op jou plaas. Veral omdat jy met ’n man sit wat pleks van jou bystaan en ondersteun, ook besig is om hom oor die afgrond te tjoef.Weet egter dat jy nie alleen deur hierdie hel hoef te gaan nie.Daar is ander, in soortgelyke situasies soos joune, wat deur dieselfde pyn en lyding gaan.Dit sal goed wees as jy by só ’n support group kan aansluit sodat julle ’n skouer vir mekaar kan wees en tips kan uitdeel oor hoe om met sekere situasies te deal.Antie het vinnig rondgeloer en een so ’n organisasie is ToughLove, wat daarop uit is om mense in situasies soos joune by te staan.Hulle kontakbesonderhede is: 0861 868 445 (tel.), 0865 192 070 (faks) of e-mail hulle by info@toughlove.org.zaAntie dink aan jou. Alle sterkte! Reik uit na organisasies soos hierdie. Jy hoef nie hierdie battle op jou eie te fight nie.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/vrou-moedeloos-oor-almal-in-haar-fam-tik-20190310

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.