‘Vrou sal van rape herstel’

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N RAPIST wat in Augustus verlede jaar op twee rape-klagte en ’n klag van ontvoering skuldig bevind is, sal op 9 April gevonnis word.Luidens die klagstaat het die klaagster op 9 April 2017 ’n voertuig gevra om stil te hou omdat sy gedink het dit is ’n taxi.Die klaagster het Wele Goqo­ (36) van Zwide gevra om haar in Siwastraat af te laai.GewurgGoqo het met haar in ’n ander rigting gery en die voertuig in ’n donker plek tot stilstand gebring.Daar het Goqo die klaagster beveel om haar klere uit te trek.Hy het haar daarna gewurg en ’n beanie oor haar oë getrek.Goqo het die klaagster toe gedwing om sy penis te suig.Hierna het hy die klaagster beveel om op haar rug te lê waarna hy sy penis verskeie keer in haar vagina en anus gedruk het.Toe Goqo die beanie van die klaagster se oë aftrek, het sy daarvan bewus geword dat die polisie op die toneel is.Die klaagster het die voorval by die polisie aangemeld en Goqo is in hegtenis geneem.Goqo se lawyer, Khaya Saziwa, het gister in sy voorvonnisbetoë gesê Goqo het ses kinders van 12 tot 6 jaar oud.Saziwa het vertel in November verlede jaar het Goqo sy twee seuns van ses en sewe jaar oud van hul ma’s weggeneem omdat die kinders verwaarloos was.Volgens Saziwa support Goqo ál sy kinders finansieel.Hy het bygevoeg dat Goqo geen vorige veroordelings of hangende sake teen hom het nie.Hy het gesê die verkragtings is ernstig, maar geen wapens is gebruik nie.Saziwa het verduidelik al is die klaagster gewurg, het dit geen beserings agtergelaat nie.Hy het bygevoeg al sê die maatskaplike werker die klaagster suffer aan trauma, is daar ’n kans dat sy ten volle sal herstel.Adv. Ismat Cerfontein, die staatsaanklaer, het in haar voorvonnisbetoë gesê die klaagster is in die eerste plek ’n vrou en is dus ’n kwesbare lid van die gemeenskap.Sy het gesê dit kan nie as versagtend beskou word dat die klaagster geen beserings in die voorval opgedoen het nie.Volgens Cerfontein was die klaagster submissive omdat sy bang was.Sy het gesê sedert die voorval is die klaagster emosioneel en huil haar aan die slaap.Volgens Cerfontein het Goqo geen berou gedurende die verhoor getoon nie.Die hofsaak dien voor waarnemende regter Lisa Ntsepe.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/vrou-sal-van-rape-herstel-20190225

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.