Vrou sê toe nie oor rape

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

NÊRENS in haar twee verklarings noem sy Mziyanda Kana het haar gerape nie, maar wel dat hy geskommel het. So getuig twee cops – wat ’n vermeende rape-slagoffer se statements afsonderlik afgeneem het – gister in die Baaise hooggeregshof. Kana (31) staan saam met Mziyanda Yoyo (32) tereg op onder meer twee klagte van verkragting. Konst. Babalwa Gamba van die Thuthuzela Care Centre in die Baai sê toe sy die jong vrou se eerste verklaring afgeneem het, was sy baie getraumatiseer.Die vrou het gebewe en was bang en nervous.Gamba sê die vrou was so uitgestres dat sy (Gamba) agterna self vir haar die verklaring moes teruglees.Volgens Gamba het die vrou nêrens in die verklaring genoem dat Kana haar verkrag het nie, maar dat hy wel gemasturbeer het. Gamba sê in kruisondervraging aan adv. Megan September, staatsaanklaer, sy het nie die klaagster gevra om “masturbasie” aan haar te verduidelik nie.September het Gamba gelei om te getuig – gegewe die toestand waarin die klaer was – sy was nie in ’n toestand om elke sin in die verklaring wat Gamba aan haar teruggelees het, te verstaan nie. Sers. Sonika van der Merwe het die vrou se tweede statement afgeneem. Volgens haar was die vermeende slagoffer tydens die interview emosioneel en in baie pyn, maar stabiel.Van der Mewe sê toe sy die vrou interview, het sy (die vrou) die woord “masturbeer” gebruik. Sy (Van der Merwe) sê die vrou het nie ’n detailed beskrywing gegee van hoe Kana haar verkrag het nie.Van der Merwe sê toe sy die vrou se derde statement afgeneem het, was sy (die vermeende slagoffer) kalmer en het sy meer detail gegee.Jama Bete – ’n vriend van Kana en Yoyo – sê hy was verbaas om die klaagster die nag van die voorval in 2016 in hulle (Kana, Yoyo en ene Lunga) geselskap te sien by Club Zanzibar in Sentraal.Volgens Bete het die klaagster in daardie stadium­ ’n boyfriend gehad. Hy getuig Kana het hom meegedeel dat hy en die klaagster mekaar­ stilletjies sien. Kana se borgtog is verleng. Yoyo is in aanhouding.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/vrou-se-toe-nie-oor-rape-20181024

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.