Vrou sien toe beton val

Please log in or register to like posts.
News
Vrou sien toe beton val

Deur  eie verslaggewerSondag, Februarie 03, 2019 12:00

HOëRSKOOL DRIEHOEKFoto: Ntwaagae Seleka/News24
 ~ 

’N WERKNEMER van die Hoërskool Driehoek sê die beelde spook by haar nadat ’n betonblok Vrydagoggend geval en minstens drie leerders se dood veroorsaak het.Die skool is in Vanderbijlpark. Die ongeïdentifiseerde werknemer vertel sy het die tragedie gesien gebeur.Die leerders was net ná 08:00 van die saal af op pad na die klas toe die blok val. Dit was bo ’n paadjie wat twee geboue van die 45 jaar oue skool met mekaar verbind.Volgens die vrou het die beseerde kinders langs die paadjie gelê, terwyl die lig­game van die slagoffers onder die betonblok vasgekeer was. – News24

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.