Vrou sterf nadat sy voor trein inspring

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N VROU wat moontlik verwagtend was, het Maandag selfmoord gepleeg deur voor ’n trein in te spring.’n Ooggetuie sê die vrou het gesê sy verwag, maar die pa het ontken dat dit sy kind is.“Sy het gesê dit is nie die moeite werd nie.“Sy het vir water gevra en ek het gestap om dit te gaan haal. Sy het in die rigting van die spoor gestap en voor die trein ingespring.”Volgens ’n woordvoerder van Metrorail, Riana Scott, dui ’n voorlopige verslag die voorval het Maandagmiddag 14:41 op die Oosterzee-stasie gebeur.Sy het voor die express-trein wat van Kaapstad af gekom het na haar dood gespring.“Die omstandighede rondom wat gebeur het en die oorledene se optrede strook met die selfmoord,” sê Scott. Daar was ’n vertraging van sowat 45 minute en forensiese polisie het die lyk later kom haal.Volgens ’n woordvoerder van ER24, Russel Meiring, was die vrou reeds dood toe paramedici by die toneel opdaag.

https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/vrou-sterf-nadat-sy-voor-trein-inspring-20181002

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.