Vrou vind geraamte | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N VROU van Kinkelbos buite die Baai was diep geskok toe sy op die geraamte van ’n mens afkom. Die vrou, wat in haar 40’s is, het Maandag omstreeks 17:30 in die bosse naby die N2 geloop. Sy was op soek na kruie vir medisinale doeleindes. “Net voordat sy daar by die treinspoor gekom het, het sy die geraamte gesien,” sê kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder. VermisDie polisie is omstreeks 20:45 van die geraamte in kennis gestel en hul forensiese span het die geraamte daarna verwyder. ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen. Die polisie in Kinkelbos vra die gemeenskap om hulle te laat weet as ’n vriend of familielid al vir ’n lang tyd vermis is. Die stasiebevelvoerder, kapt. Vuyisile Tembani, kan gekontak word by 082 779 7251.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/vrou-vind-geraamte-20190227

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.