Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaDIE afgelope drie jaar vreet ek my man se k*k op, maar ek kan nie meer nie.Die ding is allergies vir werk, Antie, maar natuurlik nie vir rondsteek nie.Elke liewe jaar klim hy ’n paar vroue op. Waar hy hulle optel, weet ek nie, want die ding werk dan nie eens nie.Ek moet sy bek oophou met my klein salaris en dan demand hy nog pocket money­.Hy kruip nou en dan uit vir werk, maar dan sien ek nie ’n sent van sy geld nie.Dan word sy vriende entertain en seker sy hoermeide ook.Ek het hom nou die dag gesê ek gaan nie meer sy k*k entertain nie.Die huis is anyway op my naam. So, hy moet gooi. Gelukkig het ons nie kinders saam nie, want dit sou dinge moei­liker gemaak het.Maar kan Antie glo die ding klou soos ’n neet?Hy weier om te loop en sê hy sal my nooit los nie.Ek voel niks meer vir hom nie. Hy het die liefde wat ek vir hom gehad het, doodgemaak met sy jintoe-maniere.Skei is duur, maar ek wil hom net uit my lewe hê.Ek dink al daaraan om die ding te vergiftig, maar wil darem nie tronk toe gaan vir die moord op ’n loser nie. – Gatvol Vrou, e-posNee wat, vrou, moord is definitief nie die antwoord op ál jou gebede nie.’n Egskeidingsproses kan duur en frustrerend wees, maar dis darem ’n beter opsie as om op die ou einde agter tralies te moet loop sit.Dit klink asof jy klaar jou mind opgemaak het en geen hoop het dat hierdie huwelik gered kan word nie.Gaan sien ’n lawyer en hoor hoeveel dit jou sal kos om hierdie man once and for all uit jou lewe te kry.En soos wat Antie kan aflei van ál die drama wat jy al deurgemaak het, gaan jou vryheid elke sent wat jy gaan spend werd wees.Niemand kan immers van jou verwag om aan te hang in die hoop dat jou man sy grille sal laat staan nie.Ek hoop jy kan alles sommer gou uitsort.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/vrou-wil-man-vergiftig-oor-sy-jintoe-maniere-20190323

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.