Vyf gesinne se shacks gone

Please log in or register to like posts.
Nuus
Vyf gesinne se shacks gone

Update
Port Elizabeth

VYF gesinne van Lapland, Uitenhage, sit nou sonder ’n blyplek nadat hulle wonings Maandagmiddag tot op die grond afgebrand het.Die brand het glo begin nadat ’n vrou ’n vuur gemaak het om haar potte op te kook.Weens die stormsterk wind het die vlamme vinnig versprei en inwoners het tevergeefs probeer om die brand te blus.Theresa Arnolds (17) sê die brand het Maandag omstreeks 12:30 uitgebreek.“Die vuur het langs ’n man se hok, waar daar (warm) kole gelê het, begin.“Toe vat alles vlam.“My ma (Cecilia Arnolds) het nog in ons hok ingegaan om goed te probeer red. Dis toe dat sy haar arms en bors erg gebrand het.“Daar is geen water hier in Lapland nie en die outjies moes die shacks met klippe inmekaar gooi sodat die brand nie verder versprei nie.“Ek, my drie broers en my ma het daar gebly,” verduidelik Theresa.Leana Ruiters (30) se broer, Llewellyn Slamdill, se shack het ook afgebrand.Ruiters, wat daar naby woon, was in haar hok toe die brand uitgebreek het. “Die vuur het byna haar huis ook verslind en dit is afgebreek om die vuur te probeer keer. Nou sit sy, haar man en hulle drie kinders sonder herberg. Sy sê die vlamme was letterlik meters hoog. “Ons het nie boumateriaal om ons plek oor te bou nie. Ek het maar by my pa in Tiryville gaan slaap,” vertel Ruiters.flenters: Leana Ruiters se hok is afgebreek om te probeer verhoed dat dit ook brand. Foto’s: deon ferreirarealiteit: Monica Jantjies sê dit was te laat om enige iets uit haar brandende shack te red. Monica Jantjies (40) en haar seun, Denzel (22), het alles verloor.“Ek was bo by my ma se huis in Tiryville. Toe sien ek net die vlamme en rook van daar af. Toe kom ek na die brand toe en sien net hoe lê my plek al op die grond. Dit was te laat om enige iets te red.“Ek sal weer ’n plek hier moet bou, maar nie op dieselfde plek nie, want dit gaan ál die slegte herinneringe terugbring,” het Monica gesê.Yvonne Brown van Tiryville was ook op die toneel. “Die mense het die meisie geslaan wat die vuur begin het,” vertel Brown. “Ek het haar toe weggevat sodat hulle haar nie verder kan seermaak nie.”Rampbestuur was glo Maandagaand daar vir die dakloses.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/vyf-gesinne-se-shacks-gone-20181003

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.