Vyfde ou face klomp klagte

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE man wat aangekla word van die moord op die Baaise polisieman konst. Dwane Kemp het gister sy eerste verskyning in die Baaise landdroshof gemaak. Die hof het gelas die 24-jarige man se naam mag nie bekend gemaak word nie omdat hy nog vir ’n uitkenningsparade moet gaan. Die saak is gister uitgestel tot 5 Februarie. Die beskuldigde bly in aanhouding. Die Valke het die man Sondag by sy ouers se huis in Algoapark in hegtenis geneem. Hy is na bewering een van vyf mense wat die Le-Bon-bakkery in Sentraal laas Maandag beroof het.Kemp en sy partner, konst. Musa Hans, is na die toneel uitgeroep.Toe hulle daar aankom, was die rooftog in die bakkery vol staff en klante steeds aan die gang.Die rowers het op Kemp geskiet toe hy by die bakkery ingaan.Hy is in die maag en hand gewond en is enkele ure ná die skietery in die Life St. George-hospitaal dood.Nadat Kemp geskiet is, het sy partner op die rowers losgebrand.Vier van hulle is op die toneel doodgeskiet. Die polisie het intussen die dooie verdagtes se name bekend gemaak.Die vier is Phu­m­lani Dladla (27) van New Brighton, Mandise Ji­­zeli (36) en Phillip Mphu­mezi (33) van Zwide, en die 28-jarige Thando­lwethu Mkatali van Mis­sion­vale. Hulle was glo almal werkloos. AmmunisieDie vyfde verdagte het van die toneel gevlug, maar is Sondag gearresteer.Hy staan nou tereg op vyf klagte van moord en een van poging tot moord, sakeroof, die besit van ’n onge­lisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.Ná die rooftog is ’n 72 uur lange aktiveringsplan in werking gestel. Vir dié plan is beamptes van verskeie afdelings – onder meer misdaadintelligensie, forensiese experts, speurders en taktiese spanne – byeen­gebring om seker te maak dat geen belang­rike bewysstukke of enige intelligensie verlore raak nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/vyfde-ou-face-klomp-klagte-20190129

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.