Waarskuwing mandrax weer besig om onder die jeug te klim

Please log in or register to like posts.
Nuus

Dis verbasend hoe mandrax die vinnige dwelm van keuse weer raak veral onder die jeug in sosiale gebreke gemeenskappe. 10 jaar terug was meth of tik die intree dwelm na daar met dagga ge-eksperimenteer is. Ek moet dit ongelukkig deel met my mede Kapenaars dat mandrax vinnig besig is om beheer oor die jeug te neem. Mandrax is verantwoordelik vir gevaarlike long siekte soos tering dus verbasend dat die mandrax verbruiker weer jonger raak die jongste een wat ek persoonlik van weet is 11 jaar oud maar alreeds verslaaf. Hierdie tipe dwelm is verantwoordelik vir uiters aggressiewe persoonlikheid en n totale onttrekking van sosiale gesins lewe. Laat ek plain en simple wees n mandrax verbruiker se lewe draai om die volgende halwe button soos hulle dit noem in werklikheid n tablet wat in helfte gesny is en word verkoop tot R20 per halwe sy gesins lewe beteken niks vir hom kinders vrou als gaan agter uit. Hierdie dwelm se aanvraag het verminder met die koms van meth of tik maar ongelukkig is daar weer n toename onder die jeug.

 

G.Smith

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.