Wag met kopwond gevind | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Wag met kopwond gevind | Die Son

DIE lyk van ’n afdiens-sekerheidswag is in Veeplaas met ’n koeëlwond aan die kop gevind.Die ontdekking van Ludwe Papu (42) se lyk is Vrydag 20:45 in Kanistraat gemaak­.’n Saak van moord is by die KwaZakhele-polisiestasie geopen, sê kapt. André Beetge, ’n polisiewoordvoerder.Beetge voeg by die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad ondersoek die saak.Enige een met inligting wat die polisie met die ondersoek kan help, word versoek om lt.kol. Willie Mayi te bel by 082 697 5914.Genl.maj. Dawie Rabie, die cluster-bevelvoerder in Motherwell, doen weer ’n beroep op inwoners om enige inligting oor ongelisensieerde vuurwapens of misdade wat met vuurwapens gepleeg word, aan die polisie deur te gee.HulpRabie sê hy is bekommerd oor die spike in die aantal moorde wat die afgelope week met vuurwapens gepleeg is.“Ons sal aaneen werk om die moordenaars te vang, maar ons het die gemeenskap se hulp nodig met die identiteit van moordenaars en inligting oor ongelisensieerde vuurwapens.“Ons moet die oortreders arresteer en hul vuurwapens van die strate af kry.”

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.