Wannabe held in pad gelem

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N CHAOS het uitgebreek toe vroue twee cops geklap het en nie van die moordtoneel wou wegstaan nadat ’n man doodgesteek is nie.Die voorval het laat Saterdagaand in 5de Laan, Malibu Village, Eersterivier, gebeur.Son verneem die mense was vroeër die dag by ’n begrafnis.’n Inwoner vertel ’n man wou ’n vermeende vuil uil vasvat nadat die mense gehoor het hy het ’n kind verkrag.“Maar die vermeende verkragter het die man dood­gesteek wat hom wou vang. Die vroue op die toneel was erg deurmekaar,” vertel die ooggetuie.“Lede van die onlangs gestigte Major Offences Reaction Team (Mort) het opgedaag, maar kon nie die situasie hanteer nie.“Die lyk het op die grond gelê en dit was afgesper, maar die vroue wou nie weggaan van die lyk nie. “Een van die vroue het ’n cop ook geklap toe hy hulle van die lyk af wou weghou.“Een van die anties het nie gedink die man is dood nie en wou by hom bly.“Hulle wou ’n boendoehof hou, maar hulle kon nie by die man uitkom wat gesteek het nie.”Die inwoners vertel die een vrou wou ’n baksteen vat om die cops mee by te kom, maar lede van die buurtwag het haar gekeer. RespekHulle sê die buurtwag moes kom orde skep. “Die cops wat uitgesteek het, was almal nog jong konstabels. “Ons weet nie of hulle net uit respek vir die ouer mense wou optree nie, maar hulle was nie opgewasse nie.”’n Woordvoerder van die polisie, kapt. FC van Wyk, sê hulle is van die moord ingelig.“Toe hulle daar aankom, het hulle die lyk van ’n man in sy 30’s gekry. Hy is met ’n skerp voorwerp gesteek.“Volgens verslae het die slagoffer en die beskuldigde ’n rusie gehad en die man het ’n kombuismes gevat­ en die slagoffer gesteek.”Niemand is nog gearresteer nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/wannabe-held-in-pad-gelem-20190211

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.