‘Wat doen ek?’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

HARTROERENDE tonele het Saterdag afgespeel toe familie, vriende en familie finaal afskeid geneem het van die ontslape konst. Dwane Kemp (31).Kemp se lewe is verlede week Maandag kortgeknip toe hy in ’n gewapende rooftog in Rosestraat, Sentraal, doodgeskiet is.Kemp, wat ag jaar in die polisiediens was, was ’n lid van die polisie se lugvleueltak. Saterdag was daar nie plek vir ’n muis in die PE Hoogland-kerk in Charlo waar Kemp se begrafnisdiens gehou is nie. Hooggeplaastes, onder wie die nasionale minister van polisie, Bheki Cele, die Oos-Kaapse polisiekommissaris, lt.genl. Liziwe Ntshinga en gen. Thembisile Patekile, Mountweg-polisie se gebiedsbevelvoerder, het die emosionele diens bygewoon. Dwane se weduwee, Candice, wat swanger is met hul eerste seun, Coleton, het ’n gedig aan haar ontslape man voorgelees.’n Uittreksel lui:I woke up this morning And reached over for you You weren’t there, I remembered­ Now, what will I do? As I remembered the event I started to cry I lift my eyes upwards And scream to the sky. Past. L. Killian het ’n boodskap van bemoediging aan die naasbestaandes gebring.Kemp is ná afloop van die roudiens privaat veras.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/wat-doen-ek-20190127

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.