Weduwees 2 j. sonder water

Please log in or register to like posts.
News
Weduwees 2 j. sonder water

TWEE jaar lank sit vier weduwees sonder ’n druppel water – dít terwyl vars water by hul erwe instroom weens ’n gebreekte pyp.Dié inwoners van Reginald­weg in Helenvale in die Baaise noordelike gebiede is omgekrap omdat hulle so aansukkel.Hulle sê die munisipaliteit was nog net een keer daar, maar net om ’n tydelike oplossing deur middel van ’n watertenk te bring.Dit los nie die probleem op van die varswaterpyp waaruit skoon water daagliks stroom nie.Daisy Adams (75) sê haar huis is een van vier wat deur die gebarste pyp geraak word.“Die main pyp het gebars. Ons het die munisipaliteit hoeveel maal gebel, maar hulle kom maak nie die probleem reg nie.“Ons gaan maar na ander huishoudings in die straat om te vra vir water. Maar hulle raak ook al ongeskik, want dis hulle water en hulle moet daarvoor betaal.”Adams se tuin lê onder ’n dam water.MORS: Daisy Adams is een van vier inwoners van Helenvale wie se erf weens ’n gebarste pyp oorstroom word deur skoon water.Sy skep maar van dié water met ’n emmer op om haar toilet te flush. Sy hou tientalle bottels water byderhand vir koskook, wasgoed was en bad.Jane Booysen, haar buurvrou, is die afgelope vyf jaar bedlêend.Dis moeilik vir haar om sonder water reg te kom. Iemand moet namens haar water gaan vra en dit na haar toe bring.“Die storie kry my onder. Ek wil vir die munisipaliteit sê dat hulle ons water moet regmaak, want dis baie ongemaklik en ongesond om so te lewe.“Twee maande terug het die munisipaliteit ’n watertenk hier voor my huis kom sit, maar hulle moet dit kort-kort kom opvul.“Die mense van die straat kom gooi ook sommer van die water vir hulle in.“Dis net ’n tydelike oplossing dié – die water wat so loop, moet gekeer word.”Mthubanzi Mniki, die munisipale woordvoerder, het beloof om ondersoek in te stel, maar het teen druktyd nog nie terugvoer gegee nie.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.