Wegloopwoef gou van kant | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

HULLE geliefde troeteldier, Bolt, is in die straat opgetel – en summier uitgesit.Nou huil sy eienaars, Samantha en Shane Radloff, lang trane oor hulle “kind” nie meer met hulle is nie.Die 12-jarige Baaise boerboel het Woensdag oor ’n muur gespring en in Reltonstraat, Sid­well, gaan rondloop.Shane verduidelik hy en ’n buurman het halfies gegaan om die muur tussen hulle hoër te laat bou. Langs die muur het ’n houtplank gestaan. Bolt het vermoedelik daarop vasgetrap en toe oor die muur gebolt.Toe Samantha omstreeks 17:00 vir Bolt roep om hom te voer, was hy nog skoonveld.Die bekommerde eienaars het oral gesoek. Toe praat hulle met ’n buurvrou wat verder af in die straat woon. Sy het gesê sy het die Animal Anti- Cruelty League (AACL) in Cleary Park gebel het om die wegloopwoef te kom optel. Sy het hom eers brood gevoer, waarvoor hy baie lief was.“Ons het toe die AACL se after hours-nommer gebel, maar die man het eers die foon in my oor neergesit. Daarna het hy gesê ons moet in die oggend weer bel,” vertel Shane.oulik: Bolt toe hy ’n puppy was.Foto’s verskafmemories: Bolt (12) was ’n liefdevolle en rustige boerboelhond.Samantha het hulle kind, Kourtney, gerusgestel en gesê Bolt is darem op ’n veilige plek waar hy kos kry. Min het hulle geweet dis ver van die waarheid af.Toe Shane die volgende dag self ingaan na die AACL se kantore in Cleary Park, het hy die slegte tyding gekry: Sy hond is die vorige dag van kant gemaak.Hy is meegedeel ál die honde wat die vorige dag opgetel is, is uitgesit.Van die verskonings wat die personeel verskaf het, is dat Bolt oud is en ongesond gelyk het en dat hulle nie genoeg kennels gehad het om die honde in te sit nie.“Dit wil sê my hond is uitgesit binne ure vandat hy opgetel is. Dis mos nie redes om ’n hond net uit te sit nie. Ek voel baie teleurgesteld,” sê Shane met trane in sy oë.Samantha sê sy sal altyd onthou hoe lief Bolt vir brood was en hoe saggeaard die “ou man” was.Hy het nog sy uitstappies met sy base geniet en alles saam met hulle gedoen.Glen Truscott van die AACL wou geen kommentaar lewer nie en het gesê hulle is besig met ’n interne ondersoek.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/wegloopwoef-gou-van-kant-20181007

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.