Welkom terug! | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Welkom terug! | Die Son

DIE vryheid van die reisagent wat onder ’n wolk van bedrog staan, is kortgeknip.Dis omdat Crescenda Meyer van Breakaway Travel op nóg ’n aanklag van bedrog gearresteer is.Skaars het die son weer op Meyer geskyn, of sy is gister weer toegekap.Dis knap nadat sy in die Wynberg-landdroshof op borgtog van R3 000 vrygelaat is.Meyer het nouliks haar borgtog betaal, toe arresteer ’n ondersoek­beampte van die Milnerton-polisiestasie haar wéér.Meyer is gesoek vir ’n saak waarin sy na be­wering altesame sowat R780 000 van die College of Cape Town gesteel het.Die reis­maatskappy wat Breakaway Travel geadministreer het, E-travel, moes die kollege toe uiteindelik terugbetaal.Hoewel Meyer se prokureur, June Snyers, geweet het sy sou dadelik ná haar vry­lating weer gearresteer word, het sy kliphard om haar kliënt­ se vryheid gestry.in government-hotel: Crescenda Meyer is weer gearresteer, al is sy borgtog toegestaan.FOTO verskafSnyers het gesê Meyer verdien om borgtog toegestaan te word oor sy haarself oorgegee het toe sy gehoor het die cops is warm op haar spoor.Snyers het gesê: “My kliënt is nie ’n vlugrisiko nie. Sy het uit haar eie haar paspoort aan die ondersoek­beampte oorhandig.” Snyers het gesê verdagtes in soveel bedrogsake waarvan die bedrag min of meer dieselfde is, word borgtog toegestaan.Sy het ook sake teen verdagtes in verband met moord en rooftogte aangevoer as voorbeelde.“Ek sê nie dié saak is nie ernstig nie. Ek wil net hê jy moet verstaan wat ek bedoel,” het Snyers ge­redeneer.Die ondersoekbeampte, konst. Mawethu Sinxo, het teen die karre geskop en gesê Meyer se aansoek om borgtog moet afgekeur word oor dit ernstig is.Sinxo het gesê hy weet sowat R700 000 is betrokke by die saak in Milnerton en R190 000 by ’n saak in Johannesburg, maar oor laasgenoemde kon hy nie uitwei nie.Hy het getuig: “Die be­wering is dat die klaagster geld betaal het vir ’n vakansie.“Hulle kon toe nie met vakansie gaan nie oor hulle nie vliegkaartjies gehad het nie.“Hoewel hulle die geld in die reisagent se rekening betaal het, is die geld nooit vir die reis of akkommodasie betaal nie.”BevestigSinxo het gesê Meyer het by die polisiestasie vir hom gesê sy is bereid om die geld terug te betaal.Die staat wou toe van hom weet of daar al wel enige betalings gemaak is.Sinxo het bevestig dat sover hy weet geen betaling gemaak is nie.Van Meyer se borgtog­voorwaardes is dat sy haar Maandae, Woensdae en Vrydae by die Claremont-polisiestasie moet aanmeld.Son het by die ondersoekbeampte verneem Meyer sal heel moontlik eers môre in die Kaapse-landdroshof verskyn. Meyer moet weer Maandag in die Wynbergse landdroshof verskyn.

Reactions

Nobody liked ?