Werker mang 3 j. oor krag

Please log in or register to like posts.
News
Werker mang 3 j. oor krag

ROBERTSON. – ’n Council- werker hier is Donderdag tronk toe gepos oor hy krag van die Langeberg-munisipaliteit gesteel het.Amos Skotshi (45), wat by die elektrisiteitsafdeling gewerk het, het oor ’n tydperk krag vanaf ’n kragboks na sy huis in die Nqubela- settlement toegevoer.Die kragboks is enkele meter van sy huis af.Skotshi is toe uitgevang en ’n saak van diefstal is teen hom gemaak.KalmDie saak het byna n jaar gesloer. Hy is skuldig bevind en is verlede week in die plaaslike distrikshof gevonnis.Skotshi het heel kalm in die beskuldigdebank voorgekom, maar toe vonnis opgelê word, het hy net sy kop laat sak.Familie en vriende het hom gegroet, terwyl hy deur die polisie na die aanhoudingselle geneem is.Amos is vir effektief drie jaar tronk toe gestuur en sal sy vonnis in die Robertson-gevangenis uitdien.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.