Werkers stel punt met vure

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

HULLE soek R200 per dag, en klaar.Dis die eis van die EPWP-werkers van die bouprojek by die Sekondêre Skool David­ Livingstone in Schauder­ville in die Baaise Northerns.En omdat hulle steeds nie hulle sin kry nie, het die werkers die projek gister weer laat staan, en betoog.Hulle is on­tevrede daaroor dat hulle steeds R150 per dag betaal word nadat hulle glo R200 belowe is.En afgesien van dié tot dusver leë belofte deur die departement van openbare werke, is hulle die afgelope twee weke glo ook nie betaal nie.Remano Geswint sê: “Ek het sewe kinders en daar is nóg twee op pad.“Hulle bly promises maak, maar kom dit dan nie na nie.”Janine Meyer sê sy is die enigste broodwinner in die huis.Sy sê toe sy haar hand in Julie op die site gebreek het, is haar kontrak beëindig. Sy het sommer saam betoog.Thomas Gounder sê: “Hulle het ons ’n 6,8% increase belowe.meer! meer! Dié werkers sê hulle is moeg om vir peanuts te werk.straatkunstenaar: ’n Betoger verbeel hom hy’s ’n wafferse pyromagician.Foto’s: theo jepthavat so! ’n Polisiebeampte bestook die betogende skare met traangas.“Ons sou dié week betaal word, maar nog niks reflect in ons bankrekeninge nie.“Hulle het ons een keer ’n once-off R180 per dag betaal, maar daarna nie weer met ons engage nie.”Sachin Frazenburg sê: “Dis ’n hartseerstorie: My ouma, vir wie ek sorg, wag vir my om geld te bring, maar daar is niks nie.”Die betogers het aanvanklik tyres en ander goed in Dinsmoreweg gebrand, maar hulle het toe uitgefan na Durban- en Standfordweg.Hulle het geëis dat die raadslid uitkom, maar dié het nie ’n draai gemaak nie.TerugbeweegDie polisie was gou op die toneel en het probeer om orde te herstel.Die betogers het toe net weer terugbeweeg na die site.’n Woordvoerder van openbare werke, Vuyokazi Mbanjwa, het beloof om ondersoek in te stel.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/werkers-stel-punt-met-vure-20181016

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.