Williewerkers ‘bang vir fix’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Williewerkers ‘bang vir fix’ | Die Son

“DIE council se werkers is te bang om my watermeter te kom herstel.”Dít, sê Elize Nieuwoudt (41), is hoekom sy al langer as ’n week sonder water sit.Werkers van die Stad Kaapstad ag dit te gevaarlik om in Wesbank in te gaan.Volgens Nieuwoudt is dit ’n flou verskoning, want daar was die laaste ruk geen skietery hier nie.Sy bedel nou maar by familie en vriende water om aan die lewe te bly.’n Ontstoke Nieuwoudt sê: “Die hele Wesbank se water was laas Sondag af.“Die water is ná ’n paar ure weer aangesit, maar teen die volgende dag was my water weer af.“Ek het onmiddellik die council gebel en is meegedeel die water sal binne 48 uur weer aan wees. “Ek het Maandag weer gebel en is gesê die water sal onmiddellik aangesit word. DAG ZERO: Elize Nieuwoudt stoor nou maar water in koeldrankbottels en kanne.“Tot nou toe is ek steeds droog.“Ek is al skaam om nog water by die mense te bedel.”Nieuwoudt sê haar ma is bedlêend en sy moet elke dag gewas word.Haar man moet nou water in kanne en leë koeldrankbottels aanry wat hulle by familie en vriende bedel. Sy gebruik die bure se wasgoedwater wat hulle uit hul wasmasjien tap om haar toilet mee te spoel.“Ek het ’n watermeter buite en kry 350F water ’n dag,” vertel sy.Volgens raadslid Ricardo Saralina het hy eers gister van Nieuwoudt se probleem te hore gekom.Saralina sê: “Dit is onaanvaarbaar dat die mense so lank sonder water sit.Oorsaak“Ek sal dit ondersoek en sorg dat dit so gou moontlik uitgesorteer word.”Volgens Xanthea Limberg, die Stad se burgemeesterskomiteelid vir water en vullisverwydering, word die oorsaak ondersoek. Die vermoede is dat ’n lekkasie verantwoordelik is.Limberg verduidelik: “Dit kan die daaglikse toewysing van 350F water opgebruik sonder dat die gesin daarvan weet.”

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.