Wonings in ’n oogwink weg

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

skok: Meisie Minnies is verslae oor die gebeure.’N MAN van Salt Lake het ernstige brand­wonde opgedoen toe twee wendy-huise in ’n verwoestende brand vernietig is.Lance Adams (38) van Alliestraat in Salt Lake in die Baaise Northerns het brandwonde aan sy maag, arm en gesig opgedoen.Adams kry na verwagting dié week ’n veloorplanting.GedeelHy het so erg gebrand, die vel dop van sy gesig af. gebrand: Die velledop van Lance Adams se gesig af. Adams het een van die wendy-huise gedeel met Donovan Minnies (42), Marlon Minnies (30) en Deon Minnies (35).Craig Minnies het in die wendy-huis langs hulle gewoon. Die twee wendyhuise was in Meisie Minnies (54) en haar man, Jerome, se jaart.Jerome is verlam. Hy het breinskade opgedoen nadat hy in ’n motorongeluk was. Meisie sê sy het Vrydagmiddag omstreeks vieruur ’n rookreuk gekry, maar gedink toe dis net die bos agter haar huis wat brand. alles tot niet: Donovan Minnies (links), Lance Adams en Craig Minnies stap deur die puin.Foto’s: deon ferreiraSy sê toe sy die rook verby haar voordeur sien trek, het sy haar dogter, Kelly, en niggie Yolanda Minnies aangesê om te gaan ondersoek instel.Die twee stuks het haar kom meedeel die wendy-huise is in vlamme gehul. Meisie sê Adams en Deon het ten tyde van die brand nog in die wendy-huis gelê en slaap, terwyl Craig buite verslae toegekyk het hoe die vlamme ’n spoor van verwoesting laat.Adams en Deon is wakker gemaak. Volgens Meisie het die huismense en die lede van die gemeenskap emmers water aangedra om die brand te blus. Sy sê Adams het gebrand toe hy weer by die wendy-huis ingehardloop het om sy klere te gaan haal. Meisie vertel terwyl hulle besig was om die vlamme te blus, het die rook die hoofhuis – waar Jerome toe nog was – begin vul. Toe sy gedagte kry van Jerome wat nog in die huis is, het sy sy kamer binne­gestorm. Volgens haar het hy op die bed gelê en sy arms oor sy gesig gehou soos hy die rook probeer keer het. Meisie vertel van die helpers het Jerome vinnig in sy rolstoel gehelp en na buite gestoot.Volgens haar het bure haar gehelp om haar meubels tot buite die huis te dra uit vrees dat haar huis ook kan vlamvat. Meisie sê toe die brandweer opdaag, was alles reeds vernietig. Die mans kon niks van hul besittings red nie. Al wat hulle oor het, is die klere aan hul lyf.Volgens haar het brandweerpersoneel Adams op die toneel behandel.Sy sê toe alles later die aand begin rustig word, het Adams met sy hand oor sy gevee. Toe sien hy die velle dop van sy gesig af.OntstaanVolgens haar is Adams die next oggend 07:00 dokter toe omdat hulle sedert 01:20 nie ’n ambulans in die hande kon kry het.Meisie sê die brand het agter die wendy-huise in ’n bos ontstaan. Die wind het die vlamme oorgewaai.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/wonings-in-n-oogwink-weg-20190120

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.