Zahnia: Vyf moet hof loop

Please log in or register to like posts.
News
Zahnia: Vyf moet hof loop

DIE aansoek van Ocean View se vermeende baby killers om die klagte teen hulle te laat drop, het misluk.Die lawyers van Larry Johnson en sy ma, Mirriam Johnson, asook Chris­topher September, Taswill Kriel en Morné May, het laas week gevra dat 15 klagte, waar­onder moord, dwarsboming van die gereg en 11 klagte van poging tot moord teen hulle kliënte laat vaar word. Die vyf loop hof ná ’n skietery waarin die ses maande oue Zahnia Woodward dood is. Die staat voer aan ál die beskuldigdes behalwe Mir­riam was agter die skietery op 30 Desember 2016 in Carnation-weg, Ocean View. Zahnia het op haar pa, Bradley Robyn, se skoot gesit toe ’n dwaalkoeël haar in die kop getref het.Robyn het saam met ’n groep ander mense op die sypaadjie van Carnation-weg gechill. Die bullets was glo bedoel vir ene Timer, leier van die JFK’s in Ocean View. Dié is intussen tronk toe vir ’n ander saak.Verlig: Cindy Woodward is dankbaar dat haar kind se vermeende killers nie voor die voet vrygespreek is nie. Die beskuldigdes se lawyers het aan die hof voorgehou drie getuies in die saak is nie genoegsame bewyse om die beskuldigdes uit te ken nie. Adv. Alan Koester, September se lawyer, sê sy kliënt se verweer dat hy nie daar was nie, word bevestig deur kringtelevisiemateriaal wat vroeër die dag opgeneem is.Larry se lawyer, adv. Koos Smith, wou weet hoekom diegene wat in die skietery gewond is, nie in die staat se saak getuig het nie.Hy het ook gesê die getuies se weergawes verskil van mekaar en van die video’s. Regter Robert Henney het geantwoord dit sál so wees omdat elke mens dit uit ’n ander oogpunt sien. Henney wou wel ook weet hoekom die staat die gewondes nie geroep het om te kom getuig nie. “Hulle is ’n klomp lafaards wat mekaar uit weerwraak skiet, maar nie hof toe wil kom nie. “Só word onskuldige mense doodgeskiet terwyl hulle net met hulle dade voortgaan.” Henney het toe vir Smith gesê sy kliënt moenie eens try om van die klagtes ontslae te raak nie. Sterk“Sý kar is in die drive-by gebruik. Hoe verklaar jy dit anders as dat hy daarvan moes geweet het?”Hy het bevind die staat het ’n sterk saak. Die verdediging sal sy kant môre begin stel.Cindy Woodward, Zahnia se ma, was baie verlig. Sy sê die aansoek om die saak uit te gooi, was net ’n taktiek om dinge te vertraag. “Ek is bly die hof sien deur hulle taktiek.”

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply