Zim-burgers betoog oor Chiwenga | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Zim-burgers betoog oor Chiwenga | Die Son

‘N GROEP Zimbabwiërs het vandag voor Groote Schuur-hospitaal begin betoog oor ontevredenheid dat hul land se adjunkpresident glo daar behandel word. Die Wes-Kaapse department van gesondheid sê egter in ‘n verklaring Constantino Chiwenga was en is nie ‘n pasiënt by Groote Schuur nie.Mark van der Heever, ‘n woordvoerder, sê hoewel hulle die bekommernis van die Zimbabwiese gemeenskap verstaan, moet ander pasiënte se reg op behandeling ook in ag geneem word.“Ons vra die gemeenskap om hul eise aan die Zimbabwiese owerhede te rig en ons hospitaalperseel te respekteer as ‘n omgewing om pasiënte te genees. Gesondheidspersoneel moet ruimte gegee word om ononderbroeke daarmee voort te gaan,” sê Van der Heever.Chiwenga, ‘n voormalige generaal in die weermag, het in 2017 gehelp om Robert Mugabe uit die kussings te lig. Emmerson Mnangagwa het by Mugabe oorgeneem as president.Berigte sê dat hy oor die naweek na Suid-Afrika gebring is. Dit is egter nog onbekend waarvoor Chiwenga behandel moet word.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.