Zondi: Ek kon nie ‘nee’ sê nie

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

NIE een keer terwyl die vermeende sekspes-pastoor Timothy Omotoso haar seksueel gemolesteer het, het sy hom gevra om daarmee op te hou nie.Die rede hiervoor was glo dat sy te bang was.Cheryl Zondi (22), een van Omotoso se vermeende seksslawe, het gister in kruisondervraging getuig Omotoso het nie ’n flenter omgegee oor hoe sy voel oor die molestering nie.Sy het getuig ál wat saak gemaak het, was wat hy wou hê. Sy was toe 14.Volgens Zondi het sy ná die voorvalle altyd gebid en God gevra hoekom sy Omotoso moet please net om ’n kroon in die hemel te kry. Sy sê wanneer hy haar seksueel gemolesteer het, het hy vir haar gesê om daarmee vol te hou om hom en God te please. Zondi sê sy het die kerk weer in 2015 sonder haar ma se toestemming gejoin – nadat sy in 2013 alle bande met Omotoso en sy kerk, Jesus Dominion International, verbreek het. Sy was toe 19.Volgens haar het sy teruggegaan om closure te kry en om weer in die kerk te sing. Zondi het getuig sy wou hê Omotoso moet haar om verskoning vra omdat hy haar seksueel gemolesteer het. Peter Dauberman het Zondi gelei om te getuig sy het ter wille van ’n apology die risiko geloop om weer deur Omotoso verkrag te word. medebeskuldigdes: Lusanda Sulani (links) en Zukiswa Sitho loop saam met die pastoor hof. Volgens haar het sy ’n suspicion gehad Omotoso sou haar weer domineer en dreig, maar sy het daai gedagtes dismiss. Zondi het getuig al het Omotoso haar twee en ’n half jaar verkrag, wou sy steeds die “goeie” in hom sien.Dauberman het vir Zondi gesê dit kan nie waar wees nie. Sy sê toe sy Omotoso sien, het sy in trane uitgebars toe hy sê hy vergewe haar. Volgens Zondi is Omotoso “delusional” en was dit vir haar duidelik hy het nog niks verander nie. Sy het getuig sy’t ingestem toe Omotoso haar saam met hom na ’n kerkdiens nooi.Dít volg terwyl sy volgens haarself geweet het daar is ’n moontlikheid dat hy haar weer kan verkrag. “Ek kon nie ‘nee’ sê nie.”Volgens Zondi het Omotoso in sy Lexus op pad kerk toe vir haar gesê as sy weer die kerk probeer verlaat, gaan haar straf dubbel wees.“In my agterkop het ek geweet ek gaan weer later verkrag word,” erken sy.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/zondi-ek-kon-nie-nee-se-nie-20181016

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.