Cops vang 3 met rollie

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DRIE mans verskyn vandag in die landdroshof in Addo nadat hulle met ’n ongelisensieerde rewolwer en ammunisie betrap is.Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie was Woensdag besig met roetine­patrollies in die hoofweg van Addo toe hulle agterdogtig raak oor ide optrede van die insittendes van ’n grys Audi A4, wat naby ’n besigheid geparkeer was.Toe die polisie naby die voertuig kom, het die drie insittendes uit die Audi gespring en probeer vlug.“Die beamptes het hulle dadelik agterna gesit en ál drie mans is gearresteer.”In die poging om weg te kom, het een van die verdagtes ’n klein plastieksak met vyf lewendige patrone laat val. Die polisie­beamptes op die toneel het dit gekonfiskeer.Die beamptes het daarna die Audi deursoek en ’n .38 special Amadeo Rossi-rewolwer gekry. Die drie verdagtes word nou aangekla van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie. Brig. Ronald Koll, die waar­nemende klusterbevelvoerder van die Uitenhage-polisiëringsgebied, is vol lof vir die beamptes se samewerking in die poging om misdaad in die gemeenskap hok te slaan.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cops-vang-3-met-rollie-20181122

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.