Mayor se kop rol oor chaos

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE ANC in die Oos-Kaap het die mayor van die Amahlathi-munisipaliteit gefire.Pateka Qaba is in die pad gesteek ná weke lange gewelddadige betogings in Stutterheim, ’n dorp in dié munisipaliteit.Die ANC het toegegee aan die eise van die betogende gemeenskap en Is in die proses om die burgemeesters­komitee te ontbind, berig Algoa­ FM. Die betoging het reeds in die middel van Oktober begin. Veral jeugdiges het hulle ongelukkigheid na die straat gevat. Hulle beskuldig die munisipaliteit se beamptes daarvan dat hulle werk gee in ruil vir geld of seks of familielede aanstel.Die ontevredenes het ook gekla Qaba is nie ’n inwoner van Amahlathi nie. Ook sy is daarvan beskuldig dat sy haar vriende in diens neem.VeroordeelBetogers het geboue wat aan die Amahlathi- en Amathole-munisipaliteit behoort, en verskeie voertuie en klinieke aan die brand gesteek.Die ANC het die vandalisme van infrastruktuur veroordeel en gesê dit is die skuld van misdadige elemente wat die betogings geïnfiltreer het.Sedert die oproer weke gelede begin het, is sowat 30 mense in hegtenis geneem weens openbare geweld. Een persoon het weens die protesaksie gesterf. Fikile Xasa, die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake in die Oos-Kaap, het gesê die nasionale tesourie sal ’n forensiese onder­soek doen oor al die bewerings wat die betogers gemaak het.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/mayor-se-kop-rol-oor-chaos-20181129

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.