Rowers is rollies en karre kwyt

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

SES wannabe-transitorowers het al die pad van die Wes-Kaap na Alice in die Oos-Kaap gereis vir ’n heist – net om daar uitgevang te word.Die ses is in hegtenis geneem nadat die polisie ’n tip-off ontvang het, berig Algoa­FM News.Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê nog vier mans is steeds op vrye voet nadat lede van die Valke, die taktiese reaksiespan en misdaadintelligensie die gang Maandag by Krwakrwa Village onderskep het. VerlateHy sê die cops het beslag gelê op twee R4-gewere, vier R5-gewere, ’n rewolwer, ’n minibus, ’n sedan en ’n dubbelkajuit-bakkie wat verlate op die Fort Beaufort-pad gevind is. Naidoo sê ballistiese toetse sal bepaal of die vuurwapens in ander misdade gebruik is. Gen. Kehla Sithole, nasionale polisiekommissaris, sê die polisie vorder in hulle bekamping van transitorooftogte, maar baie moet nog gedoen word om dié rooftogte te keer.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/rowers-is-rollies-en-karre-kwyt-20181127

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.