Só vind rooftog plaas | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

VIDEO footage wat stap vir stap wys hoe ’n gewapende rooftog twee jaar gelede by Fischer’s Jewellers in die Green­acres-winkelkompleks plaasgevind het, is gister in die Baaise hooggeregshof gewys.Die beskuldigdes is Lindokuhle January (21), Olwethu Dlanga (21), Awonke Yako (20) en Lonwabo Maweni (42).Hulle staan tereg op ’n rits klagte, waaronder moord en gewapende roof.Footage van hoe die beskuldigdes die juwelierswinkel binnegaan en wat presies daar binne gebeur, is uit verskillende angles aan die hof voorgehou.Gister is gewys hoe die security guard by die winkel die deur oopmaak vir een van die booswigte, ene Xolisa Mantana. Hy is ná die voorval oorlede.awonke yakoMantana haal dan sy kêppie van sy kop af toe die security guard hom vra om dit te doen.Kort op Mantana se hakke is Maweni.Maweni is geklee in ’n donkergrys jacket. Op sy kop het hy ’n swart kêppie waarop geskryf staan “Billabong”. Bo-oor die kêppie het hy ook ’n hoodie oor sy kop. Hy hou sy regterhand op sy kêppie. Hy het ’n glove aan sy regterhand gehad.Soos Mantana inbeweeg, pluk hy ’n vuurwapen uit. Die security guard staan dan hands-up.Die linkerkant van Maweni se gesig raak sigbaar soos hy verder by die winkel instap.Ná hom volg January. Hy het ’n multicoloured beanie op sy kop en is geklee in ’n wit jacket waarop die woord “IDENTITY” geborduur is.lonwabo maweniJanuary staan buite die winkel en block die deur met sy een voet.In die footage is dit duidelik hoe ’n kliënt – wat midde-in die drama vasgekeer is – try om by die winkel uit te kom, maar January block die deur.Sy draai dan om en hardloop terug na die agterkant van die winkel.January lig dan sy jacket op en pluk met sy regterhand ’n gun uit.Agter January appear Dlanga met ’n pistool in sy hand. Hy het ’n hoodie aan en ’n grys beanie op sy kop. Dan pluk Maweni ’n hamer met sy regterhand uit en smash die vertoonkas met juwele in stukkend.Die trial dien voor regter Glen Goosen.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/so-vind-rooftog-plaas-20181124

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.